Vir
so lank ek kan onthou wou ek 'n verskil maak, wou ek mense inspireer en
Sy lig uitdra....maar moes ek wag vir Sy perfekte tydsberekening! En
dan kom ons ABBA Vader en bevestig dit : NOW IS THE TIME! YOU ARE
CALLED FOR A TIME LIKE THIS!
(Ester 4 v 14)
So
uiteindelik is die tyd reg vir WOMEN OF THE LIGHT! Hierdie blog /
facebook is tot eer van ons Vader - dis vir alle VROUE VAN DIE LIG!
Die
doel hiermee is dat ons mekaar se hande vat - kom ons bemoedig mekaar,
kom ons inspireer mekaar, kom ons vertel stories van hoop, kom ons deel
die mooi met mekaar........ Hiermee nooi ek julle dus uit om deel te
word van die blog / facebook.....dat ons mekaar se hande vat en saam Sy
lig versprei - deur Sy genade tot Sy glorie!
Ek deel graag hierdie storie met julle :
"Eendag
nie so lank gelede nie het 'n klein kerse gestaan in 'n vertrek wat
gevul is met nog ander kerse. Die meeste groter en mooier as wat sy
was. Sommige was pragtige ornamentele kerse, terwyl ander baie
eenvoudig was soos sy. Sommige was gegeur terwyl ander in pragtige
staanders gestaan het, maar sy self het in 'n gewone klein
kersblakertjie gestaan. Sy het glad nie 'n idee gehad hoekom sy daar
was nie en die ander kerse het haar baie klein en minderwaardig laat
voel.
Toe
die son begin onder gaan en die vertrek donker word merk sy 'n groot
man op wat aangeloop kom na haar met 'n bal vuur op 'n stok. Sy besef
onmiddellik dat die man haar aan die brand gaan steek. "Nee, nee!!"
skreeu sy, " asseblief tog moet my nie brand nie, asseblief!". Maar sy
weet dat niemand haar hoor nie en maak haarself reg vir die pyn wat gaan
volg na die brand.
Groot
is haar verbasing toe die vertrek gevul word met lig. Sy wonder waar
dit vandaan kom aangesien die man die vuurstokkie in sy hand doodgeblaas
het. Tot haar groot vreugde besef sy dat die lig van haarself af kom!
Die
man steek 'n ander vuurstokkie aan die brand en een vir een steek hy
die ander kerse in die vertrek aan die brand. Elke een van die ander
gee dieselfde lig as wat sy gee.
Gedurende
die volgende paar ure bemerk sy dat, stadig, begin haar was te smelt en
weg te vloei. Sy besef dat sy binnekort sal doodgaan. Met die
bewuswording van haar lot kom ook die logika hoekom sy gemaak is.
Met 'n glimlag besef sy "Miskien is my doel op aarde om lig uit te straal tot ek sterwe".
Dit is presies wat die klein kersie gedoen het.
God
het vir my en jou geskape om lig te gee in 'n donker wêreld. Soos die
klein kersie straal ons almal dieselfde lig uit, maak nie saak hoe klein
of groot ons is nie. Maar ons kan nie lig produseer totdat ons dit
ontvang vanaf 'n buite Bron nie.
Die bron is Jesus Christus, die lig van die wêreld!
Matteus 5 v 16 "Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik".
En dis presies waaroor WOMEN OF THE LIGHT gaan - dat elkeen van ons ons liggie sal laat skyn tot eer van ons KONING!
Dat ons sal uitgaan en 'n verskil maak! Isaiah 60 v 19 " Arise and shine like the sun, the glory of the Lord is shining on you".
No comments:
Post a Comment