Sunday, 29 December 2013

DOGTER VAN DIE KONING

Dogter van die Koning
Jy is spesiaal!
Jy is losgekoop deur Jesus,
Jou prys is betaal!
Leef soos die prinses,
wat jy bestem is
om te wees.....
In oorwinning,
in oorvloed,
en sonder vrees!

Thursday, 26 December 2013

NOW IS THE TIME!

Vir so lank ek kan onthou wou ek 'n verskil maak, wou ek mense inspireer en Sy lig uitdra....maar moes ek wag vir Sy perfekte tydsberekening!  En dan kom ons ABBA Vader en bevestig dit :  NOW IS THE TIME!  YOU ARE CALLED FOR A TIME LIKE THIS! 
(Ester 4 v 14) 

So uiteindelik is die tyd reg vir WOMEN OF THE LIGHT!  Hierdie blog / facebook is tot eer van ons Vader - dis vir alle VROUE VAN DIE LIG!  

Die doel hiermee is dat ons mekaar se hande vat - kom ons bemoedig mekaar, kom ons inspireer mekaar, kom ons vertel stories van hoop, kom ons deel die mooi met mekaar........  Hiermee nooi ek julle dus uit om deel te word van die blog / facebook.....dat ons mekaar se hande vat en saam Sy lig versprei - deur Sy genade tot Sy glorie!

Ek deel graag hierdie storie met julle :

"Eendag nie so lank gelede nie het 'n klein kerse gestaan in 'n vertrek wat gevul is met nog ander kerse.  Die meeste groter en mooier as wat sy was.  Sommige was pragtige ornamentele kerse, terwyl ander baie eenvoudig was soos sy.  Sommige was gegeur terwyl ander in pragtige staanders gestaan het, maar sy self het in 'n gewone klein kersblakertjie gestaan.  Sy het glad nie 'n idee gehad hoekom sy daar was nie en die ander kerse het haar baie klein en minderwaardig laat voel.

Toe die son begin onder gaan en die vertrek donker word merk sy 'n groot man op wat aangeloop kom na haar met 'n bal vuur op 'n stok.  Sy besef onmiddellik dat die man haar aan die brand gaan steek.  "Nee, nee!!" skreeu sy, " asseblief tog moet my nie brand nie, asseblief!".  Maar sy weet dat niemand haar hoor nie en maak haarself reg vir die pyn wat gaan volg na die brand.

Groot is haar verbasing toe die vertrek gevul word met lig.  Sy wonder waar dit vandaan kom aangesien die man die vuurstokkie in sy hand doodgeblaas het.  Tot haar groot vreugde besef sy dat die lig van haarself af kom!

Die man steek 'n ander vuurstokkie aan die brand en een vir een steek hy die ander kerse in die vertrek aan die brand.  Elke een van die ander gee dieselfde lig as wat sy gee.

Gedurende die volgende paar ure bemerk sy dat, stadig, begin haar was te smelt en weg te vloei.  Sy besef dat sy binnekort sal doodgaan.  Met die bewuswording van haar lot kom ook die logika hoekom sy gemaak is.
Met 'n glimlag besef sy "Miskien is my doel op aarde om lig uit te straal tot ek sterwe".  
Dit is presies wat die klein kersie gedoen het.

God het vir my en jou geskape om lig te gee in 'n donker wêreld.  Soos die klein kersie straal ons almal dieselfde lig uit, maak nie saak hoe klein of groot ons is nie.  Maar ons kan nie lig produseer totdat ons dit ontvang vanaf 'n buite Bron nie.
Die bron is Jesus Christus, die lig van die wêreld!

Matteus 5 v 16  "Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik".

En dis presies waaroor WOMEN OF THE LIGHT gaan - dat elkeen van ons ons liggie sal laat skyn tot eer van ons KONING!  

Dat ons sal uitgaan en 'n verskil maak!   Isaiah 60 v 19 " Arise and shine like the sun, the glory of the Lord is shining on you".

Monday, 9 December 2013

To all the special people in my life

I, WISH YOU THE BEST FOR THE COMING SEASON
Remember to pray without ceasing because
I need you in 2014 & many more years to come.
Enjoy the Festive Season responsibly, looking forward to 2014
Make yourself happy, pursue your passions & be the
Best in what you do.
Take care of yourself.
May The Almighty light up your life and drive you to His
pre-Destination.
No one completes you - except YOU through God’s help.
There will be mistakes along the way….but they will also be lessons.
So remember to love, laugh and live completely

Have a blessed Christmas and an awesome new year!!!!!
And May God be with you each step of the way.
With all my love and warm wishes.

Wednesday, 4 December 2013

Vroue van die Lig

  • Hulle ken hul waarde in Jesus Christus – only by His Grace.
  • Hul identiteit is gebou op Jesus se hart – we are worthy of His love.
  • Hulle ken hul afhanklikheid van hul Skepper. 
  • Hulle wandel in geloof en waarheid.
  • Hul spreek God se krag in situasies – spreek LEWE!
  • Hul bemoedig die wat hartseer en moedeloos is.
  • Hul genees die gebrokenes (healing of the sick) in the name of Jesus.
  • Hul skep ‘n ruimte vir God se gees om te vloei.
  •  Hul kan nie verskil maak sonder om self gevul te wees met die Heilige Gees.